Plasie o.15-rugby in Limpopo finaal

Hoërskool Merensky se o.15 rugbyspan het op Saterdag, 29 Julie, teen Hoërskool Ben Vorster in die Limpopo finaal op die velde van HTS Tom Naudé in Polokwane te staan gekom. Na ‘n verbete stryd het hulle met ‘n telling van 24-29 verloor.

Twee drieë is gedruk deur Danie Potgieter, terwyl Jason Janse van Rensburg ook die bal onder die pale geplant het. Die drieë is verdoel deur Anru Miller, wie ook ‘n strafskop deur die pale gestuur het.

Die Plasies is baie trots en staan bankvas agter dié belowende span wat eerskomende Saterdag, 5 Augustus, in Potchefstroom teen Potch Gimnasium kragte sal meet in die Beeld uitspele.

[supsystic-gallery id=86 position=center]