Plasie-onderwyser verwerf nagraadse diploma

Me. Stephanie Perold

Me. Stephanie Perold, Landboubestuurder by Hoërskool Merensky, het onlangs haar NGOS (Nagraadse Onderwys Sertifikaat) cum laude verwerf.

Me. Perold spesialiseer in Fisiese Wetenskappe, graad 10 tot 12 en Natuurwetenskappe, graad 7 tot 9. Sy het ‘n BSc. Agric met Tuinboukunde en Grondkunde in 2003 aan die Universiteit van Stellenbosch gedoen en die NGOS in Fisiese en Natuurwetenskappe.