Plasie onderwysers raap pryse op

Hoërskool Merensky se Inligtingstegnologie (IT) en Rekenaartoepassingstegnologie (RTT) onderwysers is aangewys as die beste in Limpopo.

By ‘n onlangse provinsiale IT- en RTT-byeenkoms het Merensky die volgende pryse ontvang: IT-skool met die hoogste getal onderskeidings, skool met die grootste getal leerders wat IT neem, algemeen uitnemende prestasie vir finale graad 12 IT-eksamen, beste IT-skool in die Mopani-distrik, beste IT-skool in Limpopo , RTT-skool met die hoogste getal onderskeidings, beste RTT-skool in die mopani-distrik en beste RTT-skool in Limpopo.

Baie geluk aan Mee. Danielle Rautenbach, Martha Leeuwner en Ellen Labuschagne met hierdie uitnemende prestasie!