Plasie-onderwysers woon stapleierskursus by

Me. Yolande Rautenbach

Twee van Hoërskool Merensky se onderwysers, Yolandé Rautenbach (Presidentstoekennings Koördineerder) en Ada Venter (Presidentstoekennings Staptog Organiseerder) het Saterdag, 27 Augustus ‘n stapleierskursus in Midstream, Centurion bygewoon. Die kursus is aangebied deur Louis van der Westhuizen van Hiking SA.

Onderwerpe wat behandel is sluit in, organisering van ‘n staptoer, beplanning, toerusting, voedsel, weer en klimaat, stapgevare en hoe om op te tree in noodsituasies.

Hierdie kursus is van belang vir die skool se Presidentstoekenningsklub, aangesien leerlinge wat deel is van die programme op elke vlak ‘n staptog moet onderneem.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *