Plasie-onnies breëbors by Mopani prysuitdeling

Voor: Henriëtte Haar, Wendy Dreyer, Sunet van Gass en Sunette Stander. Agter: Magriet van der Merwe, Willa Marais en Ada Venter.

Op Woensdag, 22 Maart, het verskeie onderwysers van Hoërskool Merensky breed geglimlag toe hul vereer is vir hul toewyding tydens die Mopani Distrik Munisipaliteit se uitnemendheidsprysuitdeling vir 2016 se matriekuitslae.

Merensky is aangewys as die skool met die meeste universiteitstoelatingskandidate in die kategorie “skole met 151 tot 200 matrikulante”. Nog ‘n veer in die hoed was die behaal van die eersteplek in die kategorie “top 3 publieke skole met 100 leerlinge of meer in matriek”.

Plasieland is trots op die volgende vaktoekennings aan onderwysers:
BESTE ONDERWYSER PER VAK MET 50 PLUS LEERLINGE
Eersteplekke gaan aan me. Magriet van der Merwe (Besigheidstudies), me. Ada Venter (Fisiese Wetenskappe), en mee. Sunet van Gas en Wendy Dreyer (Wiskundige Geletterdheid).
‘n Tweedeplek word behaal deur mee. Willa Marais, Henriëtte Haar en Sunette Stander (Wiskunde).

2016 Matrikulante, Michelle Stevens en Bianca Spies is weer vereer vir hul onderskeidelike 3de en 11de plekke in die Mopani-distrik.

FOTO:
Voor: Henriëtte Haar, Wendy Dreyer, Sunet van Gass en Sunette Stander.
Agter: Magriet van der Merwe, Willa Marais en Ada Venter.