Plasie perderuiter het lang asem

Willie Oosthuizen

Willie Oosthuizen, ‘n Graad 8 perderuiter van Hoërskool Merensky, het in September aan ‘n perde uithourit oor 80km op Munnik deelgeneem.  Hy en sy perd, Kaptein het behoorlik hul staal getoon toe Willie eerste in die junior kategorie (Graad 8-12) gekom het. Wat hul prestasie nog meer besonder maak is dat Kaptein ook na afloop van die kompetisie aangewys is as “the best of the best”, wat beteken dat sy kondisie in al die kategorieë die beste was.

Willie ry al vandat hy 3 jaar oud is en is ‘n man wat perde ken.  Hy neem op 11 en 12 Oktober deel aan die strawwe Waterberg uithourit, waar hy beoog om oor albei dae  80km per dag suksesvol af te lê.  Plasieland hou duimvas!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *