Plasie-praters by finaal

Jamie Robertson en Amelda Pretorius.

FOTO:
Jamie Robertson en Amelda Pretorius.


Op Saterdag, 14 Oktober het twee van Hoërskool Merensky se topredenaars by Hoërskool Garsfontein deelgeneem aan die Radikale Redenaarsfinaal. Jamie Robertson (graad 9) het in die Engelse afdeling deelgeneem met haar toespraak, Reality TV is the end of civilisation. Amelda Pretorius (graad 9) het geredeneer dat vroue steeds nie gelyke regte het nie.

Individuele redenaar, Marlu McLean (graad 12), het onttrek aangesien die kompetisie dieselfde dag as die jaarlikse Merensky Moeder- en Dogtergeleentheid was. Graad 12 spanredenaars Elzanne Engelbrecht, Zenelde Schoeman, Casper Jordaan en Eduard O’Reilly het ook vir die finaal gekwalifiseer, maar om dieselfde rede onttrek.