Plasie-praters raak radikaal

Kyla Schoeman, Jason Mellett, Christelle Brummer en Bianca Elbrecht.

FOTO
Kyla Schoeman, Jason Mellett, Christelle Brummer en Bianca Elbrecht.


Op Saterdag, 2 September, het vier redenaarspanne en vier solo-redenaars van Hoërskool Merensky aan die Limpopo-finaal van die Radikale Redenaarfees te Pietersburg Hoërskool deelgeneem.

Marlu McLean (graad 12) dring vir die tweede jaar deur na die landwye finaal op 14 Oktober in Pretoria met haar toespraak: Selfies maak jou dom. Jamie Robertson en Amelda Pretorius het die Limpopo ronde vrygespring en is direk deur na die nasionale ronde op 14 Oktober by Hoërskool Garsfontein.

Die Graad 11-span, Bianca Elbrecht, Jason Mellett, Christelle Brummer en Kyla Schoeman eindig in die tweedeplek met hul redenasie rondom tienerliefde.

Die graad 9’s, Jamie Robertson, Suandrie Corbett, Amelda Pretorius en Dian Malherbe het mond uitgespoel oor ‘n unieke sirkus-identiteit, en in die derde posisie geeindig.

Die graad 8-span van Mariesa Schutte, Brett Richter, Ruben Potgieter en Michaela Elbrecht voel tieners word in ‘n blik gedruk Hulle eindig in die derdeplek, terwyl die ander graad 8-span met Retief Fourie, Salomé Lombard, Marjoné Beukes en Jacques Bezuidenhout die vyfdeplek ingeneem het met hul redenasie dat die “boere-groet” verander het.

Hoërskool Merensky sien uit na die 2018-redenaarseisoen, waar ‘n rekorddeelname van veral Afrikaans Addisionele Taalsprekers verwag word.