Plasie-praters skitter by PHS

Op Dinsdag, 7 Maart het 6 redenaarspanne van Hoërskool Merensky na Polokwane gereis om aan die Veritas spanredenaarskompetisie deel te neem. Veritas, ‘n finansiële-dienstemaatskappy en ook die hoofborg, het vanjaar vir die heel eerste maal hierdie kompetisie by Hoërskool Pietersburg aangebied. Tydens die verwelkomingsrede het mnr. George Malan, die uitvoerende bestuurder, die belangrikheid van kommunikasie in die werkplek bevestig, vandaar hul betrokkenheid by hierdie eerste in Limpopo.

Die ses spanne het behoorlik mond uitgespoel teen groepe van Hoërskool Hans Strijdom en PHS. Elke span se voorsitter het inleidend gepraat, waarna die ander drie spanlede hul onderskeie argumente aangebied het.

Plasieland is baie trots op hul twee Graad 9 spanne – Rinus Jacobs, Crystal Kirstein, Mienke Lombard en Meggan Cloete – wie ‘n eerste plek behaal het met hul onderwerp: “Ruim jou rommel op”. Dian Malherbe, Suandrie Corbett, Jamie Robertson en Amelda Pretorius het ‘n tweede plek behaal met “Laat die sirkus in jou los”.

Die ander 4 spanne het hul eweneens goed van hul taak gekwyt. Daar is ook twee derdeplekke behaal. Die praters is nou slaggereed vir deelname aan die Radikale Redenaarsfees in Mei.

[supsystic-gallery id=27 position=center]