Plasie-rugbyspelers in Limpopo-spanne

Agt rugbyspelers van Hoërskool Merensky is hierdie jaar opgeneem in verskeie Limpopo-spanne.

Barend Lombard en Noko Malatji gaan vir die o.18 Cravenweekspan speel. Richard Coleman, Dylan Herrendoerfer en Kevin van den Bergh is in die o.18 Akademiespan opgeneem. Gareth Spaumer en Vic Swann is deel van die o.16 Noordvaalspan en Stefan Corbett gaan pronk in ‘n o.16 Grant Khomo-trui.