Plasie-ruiters by nasionale kampioenskappe

Anri Janse van Rensburg

Genevieve en Theo van der Merwe en Anri Janse van Rensburg van Hoërskool Merensky het die afgelope vakansie deelgeneem aan die nasionale kampioenskappe vir Western Mounted Games te Misty Meadows.

Genevieve en haar perd, Makadesh Zahra, neem in die skole-afdeling (SANESA) deel op vlak 1 en eindig algeheel derde. In die ope-afdeling word sy egter opgeskuif na vlak 2 en eindig algeheel vyf-en-veertigste.

Theo en sy perd, Vierkleur Nola, neem deel in die skole-afdeling (SANESA) vlak 2 en is algeheel sestiende. In die ope-afdeling, vlak 2 word hy algeheel ses-en-dertigste geplaas.

Anri en haar perd Koedoe, is die eerste Limpopo-skole vlak 7-ruiter en ope-afdeling vlak 3 ruiter wat deelneem aan die nasionale kampioenskappe. In die skole-afdeling eindig sy elfde en in die ope-afdeling eindig sy nege-en-dertigste. Die kompetisie op hierdie vlak is uiters mededingend, aangesien dit die top vlak vir skoleruiters is.