Plasie-ruiters oorheers WMG

Salomé Lombard, Dominique Bond, Wandri Janse van Rensburg, Anri Janse van Rensburg, Genevieve van der Merwe en Dawie van Jaarsveld.

Ses Plasies het op Saterdag, 6 Mei, deelgeneem aan die derde kwalifiserende ronde vir Western Mounted Games in Polokwane.

Op vlak 0 het Dominique Bond vyf eersteplekke in die skole-afdeling behaal en algeheel eerste geeïndig. Sy het ook ‘n derdeplek in die ope-afdeling behaal.

Op vlak 1 het Genevieve van der Merwe met haar perd, Bonnita, ‘n tweede- en eersteplek in die skole-afdeling behaal en eerste en vierde geeindig in die ope-afdeling. Sy spog ook op vlak 2, met haar perd Foxtrot, met ‘n eerste-, tweede- en twee vierdeplekke in die skole-afdeling en ‘n eerste- en tweedeplek in die ope-afdeling.

Dawie van Jaarsveld het op vlak 2 met sy drie eersteplekke en een tweedeplek algeheel eerste geeïndig. Hiermee skuif hy op na vlak 3 in die ope-afdeling en verwerf een eerste-, twee derde- en twee vierdeplekke.

Salome Lombaard het ook op vlak 2 deelgeneem en gesorg vir ‘n tweede- en twee vierdeplekke in die skole-afdeling.

Wandri Janse van Rensburg, op haar perd Pagan, het algeheel tweede in die vlak 2 skole-afdeling geeïndig met een eerste-, twee tweede- en ‘n derdeplek. Sy behaal ook ‘n eerste- en tweedeplek in die ope-afdeling.

Vlak 3 “gamer”, Anri Janse van Rensburg het nie op haar laat wag nie en galop weg met vyf eersteplekke, en word gekroon as wenner in die skole-afdeling. Sy is ook algehele wenner in die ope-afdeling met drie eersteplekke, ‘n derde- en vierdeplek.

[supsystic-gallery id=44 position=center]