Plasie-ruiters spring weg

Dylan Bond, Dominique Bond en Salomé Lombard.

Op Saterdag, 27 Januarie, het Plasie-ruiters Dominique Bond, Dylan Bond, Annalene Rood en Salomé Lombard deelgeneem aan die eerste SAWMG-kwalifiseerder te Berbon stalle in Bela Bela.

Salomé Lombardhet gekompeteer in die Games-klasse met haar perde, BelMonty en Spook op vlak 2. Sy behaal vier eersteplekke, ses tweedeplekke en vier derdeplekke. Sy is ook aangewys as die algehele reserwe kampioen met BelMonty in die skole-afdeling.

Dominique Bond neem ook deel in die Games-klasse op haar perd, Bonnie, op vlak 0 en behaal vyf tweedeplekke. Sy is die algehele reserwe kampioen van die byeenkoms.

Annalene Rood kompeteer in die Ope Games-afdeling met haar perd Shameer en behaal ‘n derdeplek.