Plasie Sensasie ondersteun die Wik

Vier atlete van Hoërskool Merensky het op Sondag, 13 Maart aan die Wik driekampkompetisie by Stanford Lake College deelgeneem. Na aanleiding van die afsterwe van Wik van der Walt in 2012 tydens ‘n bergfietswedren, wou die personeel van Stanford Lake College die lewe van hul kollega en vriend herdenk deur hierdie jaarlikse driekampkompetisie aan te bied.

Jenelle de Jonge (swem 500m), Janco Coetzee (hardloop 5km) en Christelle Coetzer (fietsry 15km) het as “Plasie Sensasie” deelgeneem en eerste van die gemengde spanne (o.19) geeindig. Sheldon Muller het as individu deelgeneem en het algeheel derde geeindig.