Plasie-seunshokkie in Groblersdal

Hoërskool Merensky het op 9 en 10 Mei ligawedstyde in Groblersdal gespeel teen Hoërskool Ben Viljoen en Groblersdal Academy.

Merensky vs Ben Viljoen

o.14 wen 3-1

Doele is aangeteken deur Ockert Schoeman (2) en Tristan Dale (1).

o.15 wen 2-1

In ‘n naelbytstryd is doele aangeteken deur Martin Venter en André Venter.
Speler van die wedstryd: Ethan Griffiths.

o.16 gelyk 2-2

Ben Viljoen het ‘n vinnige doel in die eerste helfde aangeteken, waarna Merensky teruggeveg het om teen halftyd die telling gelykop, 1-1, te maak. Doele is aangeteken deur Ben Freitas en SJ de Lange.

2des gelyk 1-1

Kieran Albertus teken die gelykmaker aan in die tweede helfte.

1stes verloor 0-1

Seunshokkie vs Groblersdal Academy

o.14 wen 6-1

Doele is aangeteken deur Jamin Schuch, Ockert Schoeman en Wimpie du Toit.

o.16 verloor 0-3

2des gelykop 1-1

Groblersdal Academy se doel is in die eerste helfde aangeteken, terwyl Kieran Alberts die telling in die tweede helfde gelykop gemaak het.

1stes 1-1

Masilo Mabilo het puik werk gedoen en vir Luann Botha ‘n bal gestuur sodat hy van die die strafkol af ‘n doodskoot kon skiet het om die telling gelykop te maak.