Plasie skiet silwer los

Jahdin Fleischmann

Jahdin Fleischmann, ‘n graad 8 leerling van Hoërskool Merensky, het oor die naweek van 30 Junie tot 2 Julie aan die Gauteng Provinsiale Kegelskietkampioenskap op die Cecil Payne skietbaan in Maraisburg, Johannesburg deelgeneem.

Merensky is baie trots op hierdie belowende skut wat ‘n tweedeplek behaal het in die junior afdeling.