Plasie speel Limpopo tennis

Hendro van Helsdingen

Hendro van Helsdingen, ‘n graad 11-leerder by Hoërskool Merensky het op 27-30 April aan die Limpopo tenniskampioenskappe te Polokwane tennisklub deelgeneem. Hy eindig sewende algeheel in die o.16- en 0.18-afdelings.

Hierdie kampioenskap dien as proewe vir die Limpopo tennisspanne wat aan die interprovinsiale tennistoernooi in Klerksdorp op 26-28 Mei sal deelneem. Die eerste agt spelers sal ook die provinsie verteenwoordig by die Suid-Afrikaanse skoleweek in die Julie-skoolvakansie in Bloemfontein.