Plasie-spellers by landsfinaal

Mienké Lombard en Manica van Schalkwyk.

FOTO:
Mienké Lombard en Manica van Schalkwyk.


Op Saterdag, 28 Oktober het drie slimkoppe van Hoërskool Merensky aan die ATKV-Spelathonfinaal by Leeuwenhof Akademie in Bedfordview, Johannesburg deelgeneem.

In die graad 9-afdeling het Manica van Schalkwyk en Mienké Lombard Limpopo verteenwoordig. Anize Basson (graad 10) het lank haar man gestaan en vir ure korrek gespel, waarna die term “Tipe A-persoonlikheid” ‘n einde gemaak het aan haar segetog.

Hierdie is maar een van die vele akademiese aktiwiteite op Merensky se skinkbord waaraan elke Plasie die geleentheid het om deel te neem.