Plasie-sterre skitter helder

Drie talentvolle Plasies het onlangs aan die South African Championships of the Performing Arts in Johannesburg deelgeneem.

Kesia Pohl en Danzi Ivy het in die sangafdeling kompeteer en albei het weggestap met ‘n silwer medalje.

Hoërskool Merensky is besonder ingenome met John Slabber in graad 12. Hy het in 3 kategorieë deelgeneem. Vir drama verwerf hy ‘n bronsmedalje, vir “tapdance” ‘n silwer en 2 goue medaljes vir sy bekende vuurdanse (Poi). Hierdie prestasie besorg ook aan hom ‘n trofee as algeheel beste verskeidenheidsaanbieder. Dit bring mee dat John ingesluit is in die Suid-Afrikaanse span wat Julie na Amerika reis vir internasionale deelname.