Plasie swem goud los by streekskampioenskappe

Ronan Theron

Ronan Theron, ‘n graad 8 leerling van Hoërskool Merensky, het gedurende die Maart/April skoolvakansie deelgeneem aan die Suid-Afrikaanse vlak 2 streekskampioenskappe in Germiston.

Uit die 4 slae waarvoor hy ingeskryf het, het hy 2 finale rondes gehaal. Ronan eindig sesde in die finale 100m vlinderslagitem, maar verdien later goud met sy skitterende 50m vlinderslagpoging.

Merensky is baie trots op hierdie staatmaker Plasie en hou sy swemtoekoms met verwagting dop.