Plasie-swemmers gaan vir goud

Voor: Amelia Booth, Markus Theron & Donia Smit. Agter: Ruan Hanaczeck-Kruger, Ronan Theron & Daniel Smit.

FOTO:
Voor: Amelia Booth, Markus Theron & Donia Smit.
Agter: Ruan Hanaczeck-Kruger, Ronan Theron & Daniel Smit.


Die tyd van rekenskap gee vir harde werk in die swembad, is naby. Ses Plasie-swemmers het deur die afgelope seisoen gekwalifiseer om gedurende die komende skoolvakansie aan galas op verskeie vlakke deel te neem.

Vlak 2 vind hierdie jaar op 3 tot 5 April in Polokwane plaas. Amelia Booth (o.15) en Markus Theron (o.14) het gekwalifiseer om aan hierdie kompetisie deel te neem.

Daniel Smit en Ronan Theron (o.16), asook Donia Smit (o.14) gaan aan die vlak 3-gala op 28 tot 31 Maart in Germiston deelneem.

Ruan Hanaczeck-Kruger presteer uitsonderlik goed en neem van 20 tot 26 Maart deel aan die senior nasionale kampioenskap. Hy het ook gekwalifiseer om in die FINA wêreldkampioenskap later die jaar te kompeteer.

Die Plasies hou hierdie swemmers met verwagting dop.