Plasie-tennis volstoom vorentoe

FOTO:

Agter: Ronell du Toit, Hannerie du Toit, Nina Grové en Eljané Uys.
Voor: Angie Nel en Carissa Ivy.

Vanaf 11 – 14 Februarie het Merensky se dogters-tennisspan deelgeneem aan die Nelspruit Groot Vyf Uitdaagtoernooi.

16 Deelnemende skole, o.a. Hoërskool Nelspruit, Boland Landbouskool, Monument, Afrikaans Hoër Meisieskool, HTS Middelburg, Wilgerivier, Garsfontein, Merensky en Ermelo, het sake op die tennisbaan uitgespook.

Merensky is trots op hul dogters wie ‘n algeheel 8ste plek, ten spyte van snikhete omstandighede, losgespeel het.