Plasie tennisafrigter beste in die land

Alexandra Dreyer, knap tennisafrigter van Hoërskool Merensky het van 4 tot 8 Maart in Bloemfontein deelgeneem aan die SA ITF (International Tennis Federation) Senior Nasionale toernooi.

Spelers van regoor die land neem aan hierdie nasionale kampioenskappe deel ten einde te kwalifiseer vir die nasionale span.

Alexandra het uitstekend presteer deur as die wenner bekroon te word in die enkels vroue 30 tot 35 jaar. Merensky-tennis is baie trots op die prestasie en waardeer die kennis wat sy tot hul voordeel aanwend.