Plasie-tennisafrigter speel SA’s

Voor: Alexandra Dreyer, Tamara Day en Lisa van der Riet. Agter: Fanie van Rensburg, Ryan Brookshaw en Dawie Eybers.

FOTO:
Voor: Alexandra Dreyer, Tamara Day en Lisa van der Riet.
Agter: Fanie van Rensburg, Ryan Brookshaw en Dawie Eybers.


Me. Alexandra Dreyer, tennisafrigter by Hoërskool Merensky, het van 9 tot 14 Oktober vir die Gauteng-Noord 30+ A-span aan die Suid-Afrikaanse tenniskampioenskappe in Bloemfontein deelgeneem.

Ses provinsiale spanne het vyf dae lank meegeding om te bepaal wie die inter-provinsiale spankampioene is. Dreyer se span het met die louere weggestap. Dreyer het 10 wedstryde in dié toernooi gespeel, waarvan sy agt gewen het. Sy bekleë tans die tweede posisie in Suid-Afrika in die vroue 30-35 ouderdomsgroep.

Dreyer speel oor die volgende 3 naweke Gauteng-Noord geslote toernooie ten einde te kwalifiseer vir opname in die 2018 provinsiale span.