Plasie tenniskampioene

Hoërskool Merensky het 2015 tennis afgesluit met ‘n plaaslike toernooi wat gespeel is op 14 tot 18 September.

Junior en senior Plasie-tennisspelers het gekompeteer. Hierdie kampioenskappe maak nie die ranglys vir die nuwe seisoen op nie, maar spelers is die geleentheid gebied om hul ranglysposisies te verbeter.

In die seuns ope finaal het Stefan Pretorius en John D Ball kragte gemeet, met Stefan wat uiteindelik as oorwinnaar uit die stryd getree het.

Altacia Gubitz en Carissa Ivy het mekaar die stryd aangesê in die dogters op finaal waar Altacia koning gekraai het.

Plasie-tennisafrigter, Alexander Dreyer, slaan self af vir Gauteng-Noord.
Plasie-tennisafrigter, Alexander Dreyer, slaan self af vir Gauteng-Noord.

Alexandra Dreyer, tennisafrigter op Plasieland, het die afgelope vakansie self die rakket opgeneem en in die Interprovinsiale Tennis Uitdaagtoernooi te Benoni deelgeneem. Sy het Gauteng-Noord, wat algeheel derde geeïndig het, verteenwoordig.