Plasie-uitblinkers word beloon

Verdienstelike graad 8- tot 11-leerlinge van Hoërskool Merensky het op 22 Oktober bankvas gesit tydens die finale jaarlikse prysuitdeling.

Ds. Edmund de Beer van die Gereformeerde Kerk Laeveld het die verrigtinge gepas geopen. Dr. Johann Fourie van die Dinamus gemeente in Tzaneen was ‘n besielende hoofspreker. Items is gelewer deur Mynhardt Bouwer en Christelize Elbrecht, Kesia Pohl en Angie Nel.

Ulrich Bähre is beloon met ‘n Goue By vir sy bydrae tot Merensky se klankspan.

Die toekennings vir Skiewie van die jaar is gemaak aan Kesia Pohl en Ryan Jackson.

JP van den Bergh het die trofee vir getroue en onbaatsugtige diens ontvang.

Janco Theron is aangewys as die wenner van die trofee vir toewyding en volharding.

Die kultuurpersoonlikheid is Bernice Cronjé, terwyl Angie Nel die grootste bydrae tot musiek gemaak het in 2015.

Dit is tradisie by Hoërskool Merensky, om jaarliks ‘n spesiale toekenning te maak aan uitsonderlike leerlinge wie ten spyte van moeilike omstandighede nie gaan lê het nie, word toegeken aan Caitlind en Courtney Bridger.
Christelle Coetzer is bekroon as die sportvrou van die jaar met haar deelname aan atletiek, landloop, bergfiets en duathlon.

Erepennings is toegeken aan verskeie Merensky-leerlinge wie op nasionale vlak aan sport en kultuur deelgeneem het, naamlik Christelle Coetzer (atletiek, bergfiets, landloop, duathlon), Wilmari Moller (vierwiel motorfietsrenne), Renart Botha (boogskiet), Lin-Mari Theron (boogskiet), Ezri Hugo (gimnastiek) en Angie Nel (SATCH).