Plasie-veteraan groet na 36 jaar

Ockert en Fransie le Roux deel ‘n laaste grappie in die personeelkamer.

Op 28 Februarie het Plasieland afskeid geneem van mnr. Ockert le Roux.

Le Roux het saam met sy aanstaande, Fransie Theron, sedert 1975 diep spore by Hoërskool Merensky getrap.

Hy sal onthou word as die stigter van die Merensky Boogskietklub, sowel as rugby-afrigter.

Buiten sy liefde vir sport het hy ook sy hand met sukses aan toneel gewaag.

“Die verskil tussen Merensky se leerlinge en dié van ander skole was nog altyd dat Plasies nie vra wat die skool vir hulle kan doen nie, maar wat hulle vir die skool kan doen.”, aldus Le Roux.

Sy droom van voltyds boer is nou ‘n realiteit.

Hoërskool Merensky wens mnr. Le Roux alle sukses vir die toekoms toe.