Plasie-viermanskap skiet in die kol

Canell Jackson, André van der Merwe en Benéche Jackson.

Vier skuts van Merensky Boogskietklub het die naweek van 18 Junie aan twee verskillende kampioenskappe deelgeneem.

Benno Kotze (CMBU) het aan die Vaaldriehoek Binnenshuise Kampioenskappe te Kempton Park deelgeneem. Benno skiet n telling van 296/300 met 35 x’e. Met hierdie uitstekende telling behaal hy ‘n silwer medalje, asook sy tweede nasionale kwalifisering.  Benno benodig nog een so ‘n goeie kwalifisering om sy nasionale kleure te verwerf.

Benéche Jackson (FY), André van der Merwe (YMR13-14) en Canell Jackson (FY) het aan die 3Di Mpumalanga Kampioenskappe te Marble Hall deelgeneem. Ten spyte van ‘n lang, uitmergelende dag het hierdie drie skuts uitstekend gevaar. André behaal goud met ‘n Protea kwalifiserende telling, Benéche verwerf goud met ‘n provinsiaal kwalifiserende telling en Canell skiet silwer los.