Plasie wen goud by interprovinsiale gala

Daniel Smit

Daniel Smit, ‘n o.15-swemmer van Hoërskool Merensky het op Saterdag, 25 Augustus, aan die Klein Interprovinsiale Swemgala by Stanford Lake College deelgeneem. Die Limpopo- en Mpumalanga klubspanne het teen mekaar kragte gemeet.

Daniel het op 18 Augustus aan die Limpopo klubkampioenskappe deelgeneem en is daarna in die Limpopospan opgeneem.

Met ‘n tyd van 1.04 minuut het Daniel goud verwerf in die 100m rugslag item. Hy en sy span wen ook die individuele wisselslag- en vryslag aflosse. Verder verwerf hierdie veelsydige swemmer silwer in die 100m vryslag-, brons in die 200m individuele wisselslag- en ‘n vierdeplek in die 100m borsslag items.