Plasie-wenners pronk by Dusty Hill

Western Mounted Games 1e kwalifiseerder 2017: Hennerien Knox, Wandri Janse van Rensburg, Dawie van Jaarsveld, Anri Janse van Rensburg en Salomé Lombaard.

Op Saterdag, 4 Februarie het vyf van Hoërskool Merensky se topruiters uitgeblink tydens die eerste 2017 kwalifiserende Western Mounted Games byeenkoms by Dusty Hill in Tzaneen.

In vlak 7 neem topruiter, Anri Janse van Rensburg ‘n merkwaardige vyf eerste plekke en eindig as vlakwenner.

In vlak 4 ding drie Plasies mee. Dawie van Jaarsveld eindig as wenner met 3 eerste plekke en 2 derde plekke. Tweede was Hennerien Knox wat spog met 2 eerste plekke, 1 tweede plek en 2 derde plekke. Wandri Janse van Rensburg neem 4 tweede plekke en 1 derde plek en eindig algeheel derde.

Nuweling, Salomé Lombaard maak skoonskip met 5 eerste plekke en dra die kroon in vlak 1.

FOTO
Hennerien Knox, Wandri Janse van Rensburg, Dawie van Jaarsveld, Anri Janse van Rensburg en Salomé Lombaard.