Plasiegees leef voort

KLAS VAN 1968 Voor: Niekie Grobler, Elmarie van Niekerk, Ria Bester (Combrinck), Hilary Payne (Lane) en Elize Jordaan (Steenkamp). Agter: Petrus Jacobs, Willie Venter, Boet Wienand, Klasie Botha en Johan van Rooyen.

FOTO:
KLAS VAN 1968
Voor: Niekie Grobler, Elmarie van Niekerk, Ria Bester (Combrinck), Hilary Payne (Lane) en Elize Jordaan (Steenkamp).
Agter: Petrus Jacobs, Willie Venter, Boet Wienand, Klasie Botha en Johan van Rooyen.


Tydens die naweek van 16 Maart het dertig oud-leerders van Hoërskool Merensky se klas van 1968 hul 50-jaar reunie gevier. Die “VAT 50”-groep het by die ATKV Eiland Spa tuisgegaan en onder andere ‘n spesiale dinee en kerkdiens met nagmaal saam meegemaak. ‘n Kerngroep het Saterdag, 17 Maart, ‘n besoek aan Plasieland gebring om op gister se spore te loop.

Dié spesiale groep is by die Merensky Museum ontvang, waarna hulle die saal en hele skoolterrein gefynkam het. Hulle is ook deur die bemarkingspan bederf met Plasie-memorabilia.

Een en almal was dit eens: Plasieland gaan van krag tot krag en die terrein en spesiale atmosfeer maak enige oud-Plasie steeds trots.