Plasieland oes pryse

Mopani prysuitdeling 2019

FOTO:
Foto 1: Mee. Verena van Heerden, Sunette Stander, Sunet van Gass, Izelle du Preez, Henriëtte Haar, Yolandé Rautenbach, Gretha van Staden, Sanine Vermeulen, Ada Venter & mnr. Seph Oosthuizen.
Foto 2: Me. Magriet van der Merwe (adjunkhoof: akademie) & mnre. Magnus Steyn (skoolhoof) & Mark Louwies (adjunkhoof).


Tydens die Mopani Distriksmunisipaliteit se prysuitdeling vir uitnemendheid op Vrydag, 18 Januarie, het Hoërskool Merensky breëbors met 16 trofeë weggestap.

144 Skole in die distrik het in aanmerking gekom vir erkenning rondom die 2018 matriekuitslae.

Hierdie jaar het Merensky bo ander plaaslike skole uitgestaan met ‘n eerste posisie vir die algemene hoogste slaagsyfer (97.31%) van publieke skole. Hul is ook as die skool met die hoogste universiteit- en diploma vrystellings aangewys (179 uit 186 leerders).

Leerders, Carmi Venter en Anya Glazer, het trofeë ontvang as die tweede- en derdebeste leerders in Mopani. Hul het onderskeidelik ‘n gemiddeld van 91% en 90.5% uitgemerk.

Me. Sanine Vermeulen en die ekonomiese en bestuurswetenskappe departement spog met ‘n eersteplek vir Rekeningkunde in Mopani, asook ‘n tweeplek vir me. Yolandi Rautenbach vir haar besigheidstudies uitslae.

Plasieland se Wiskundespan, mee. Sunette Stander en Henriëtte Haar, het ‘n 2de-plek in die distrik behaal en is ook in die noemenswaardige Klub 50 opgeneem. Wiskunde Geletterdheid onderwysers, mee. Verena van Heerden, Sunet van Gass en Izelle du Preez is ook vereer met ‘n 2de-plek.

In die fisies- en lewenswetenskap departemente het mnr. Seph Oosthuizen en mee. Ada Venter en Gretha van Staden derdeplekke verower.

Dit is duidelik dat Merensky se akademie teen die bestes in die land kan kragte meet.