Plasieland se aspirant-kroondraers

Plasieland se aspirant-kroondraers

Die immergewilde Mnr. en Mej Merensky-geleentheid is om die draai. Die finaliste is op 23 Mei 2016, onder groot toejuiging, in die skoolsaal bekendgestel.

Elke graad 11-registerklas het die voorreg gehad om twee seuns en twee meisies vir hierdie gesogte titel te benoem.

Hierdie finaliste sal deelneem aan fotosessies, persoonlike onderhoude en ‘n spesiale uitreik, voordat die wenners op 18 Augustus 2016 gekroon word. Besprekings kan by die skool se finansiële kantoor gedoen word, teen R70 per persoon. Die gewilde Radio Raps is die gaskunstenaar by hierdie geleentheid.

FOTO:

Voor: Hayley Stephenson, Ronnel Homu, Dineo Shokane, Roelien O’Neil, Amelia Middleton, Courtney Bridger, Noko Mabilo en Zenelde Schoeman.
Agter: Richard Coleman, Shadmaan Shaik, Hamish Mac Nicol, Viraj Devdhara, Hanro Niewoudt, Stefan Prinsloo, Noko Malatji en Stefan Pretorius.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *