Plasieland verwelkom nuwe krieketafrigter

Aubrey van Renen

Hoërskool Merensky verwelkom Aubrey van Renen. Hy het van 2012 tot 2015 vir Hoërskool Ben Vorster se eerstespan krieket gespeel. Hy het in 2014 die trofee ontvang vir die beste kolwer in die Ben Vorster Krieketweek. Hy het ook vir Limpopo se provinsiale o.18 Cokespan gespeel vanaf 2014 tot 2015.

Alhoewel Aubrey nou betrokke sal wees by die o.15-span, gaan hy ook inspring by die eerstespan se voorbereiding vir die nasionale T20-kampioenskappe later die jaar.

Merensky vertrou dat Aubrey ‘n groot verskil gaan maak in die krieketafrigtingspan.