Plasiepraters is paraat

SENIORS Stefan en Suandrie Corbett, Liné Fourie, Lisa Maguire, Liza-Ri Snyman en Amelda Pretorius. Afwesig: Crystal Kirstein en Manika van Schalkwyk.

FOTO:
SENIORS
Stefan en Suandrie Corbett, Liné Fourie, Lisa Maguire, Liza-Ri Snyman en Amelda Pretorius.
Afwesig: Crystal Kirstein en Manika van Schalkwyk.


Ter voorbereiding van die landwye ATKV-redenaarskompetisie het Hoërskool Merensky se gladdebekke op 12 en 14 Maart aan die interne uitdunne deelgeneem.

Lank voor hierdie datums het die Plasiepraters die geleentheid benut om onvoorbereide slypskole, onder leiding van me. Mari Weber (kultuurbestuurder), by te woon en só hul vaardighede op te skerp.

‘n Bekwame span het by die twee geleenthede beoordeel: mee. Hannelie Schoonraad (Afrikaans vakadviseur), Marietjie Naudé (skoolhoof, Wolkberg Akademie), Christelle le Roux (Unicorn), Annarien Jacobs (Laerskool Tzaneen), Chantel Schoeman (entrepreneur) en Claudia Olivier (Merensky).

In die juniorafdeling dring Keynan Fox, Wessel de Kock, Ruben Potgieter en Mariesa Schutte deur met hul voorbereide toesprake. Michelle Robertson, Desiré de Jager, Johan van den Heever en Andrea van Jaarsveld gaan in die onvoorbereide afdeling deelneem.

Seniors, Liza-Ri Snyman, Lisa Maguire, Amelda Pretorius en Manica van Schalkwyk het met hul voorbereide toesprake beïndruk en dring ook deur na die volgende ronde. Suandrie en Stefan Corbett, Liné Fourie en Crystal Kirstein het bewys dat hul die kuns van onvoorbereide redevoering reeds bemeester het.

Plasieland sien uit na deelname aan die eerste ronde van die ATKV-kompetisie by Pietersburg Hoërskool op 23 en 24 April.