Plasieruiters pronk by Western Mounted Games

Op Saterdag, 25 Maart, het twee ruiters van Hoërskool Merensky aan die Western Mounted Games te Uitzoek Stalle in Tzaneen deelgeneem.

Iszabella le Roux en Dominique Bond het saam met sestien ander deelnemers sake uitgespook in die “Western Reigning Qualifier 1”.

Iszabella behaal ‘n eersteplek in die “Ranch Horse”-afdeling met Dominique in die tweedeplek. In die “Western Pleasure”- en die “Reigning Pattern 1CX”-afdeling wen Dominique, met Iszabella in die tweedeplek. Dominique het ook haar vernuf getoon met ‘n eersteplek in die “Trail”-afdeling.

[supsystic-gallery id=30 position=center]