Plasies besoek Nampo 2018

DIE AGRI-MERENSKY NAMPO-GROEP Mnr. Louis Fourie, Paddy Loam, Revan Beukes, Juvan van der Merwe, Ariel Oosthuizen, Nakishka Jansen van Vuuren, Shani Rosslee, Jané Geyer, Jodi Spaumer, Joha du Toit, Annaline Roodt, Yoané Wentzel, Charnay Smit, Johan Coetzee, Janette Pretorius, Samantha Ikel, Dillon du Preez, Danika Skinner, Celize Steenekamp, Armand Wiers, Carika Joubert, Hannes Schreuder, Cherize Taylor, Marise Keyzer, Gerhardus Cheney, Elizma Horak, Andrea van Jaarsveld, Roland Wiers en mev. Danielle Fourie.

FOTO:
DIE AGRI-MERENSKY NAMPO-GROEP
Mnr. Louis Fourie, Paddy Loam, Revan Beukes, Juvan van der Merwe, Ariel Oosthuizen, Nakishka Jansen van Vuuren, Shani Rosslee, Jané Geyer, Jodi Spaumer, Joha du Toit, Annaline Roodt, Yoané Wentzel, Charnay Smit, Johan Coetzee, Janette Pretorius, Samantha Ikel, Dillon du Preez, Danika Skinner, Celize Steenekamp, Armand Wiers, Carika Joubert, Hannes Schreuder, Cherize Taylor, Marise Keyzer, Gerhardus Cheney, Elizma Horak, Andrea van Jaarsveld, Roland Wiers en mev. Danielle Fourie.


Op 14 Mei het ‘n groep Agri-Merensky-leerders die lang pad Vrystaat toe gevat om die gewilde Nampo-fees eerstehands te beleef.

Op 15 Mei moes die Plasies ‘n yskoue Bothaville trotseer, maar die harte het vinnig warm geklop toe hierdie voornemende boere omring word deur die nuutste tegnologie en masjinerie op landbougebied.

Die onderwysers en leerders het ‘n 18km-roete deur die skougrond afgelê en elke oomblik geniet: van die nuuste trekker vir die manne, tot die John Deere-klerereeks vir die dames.

Die jaarlikse besoek aan Nampo vorm deel van die ondervindingsleer waaraan leerders by Agri-Merensky blootgestel word.