Plasies besoek SALOV

SALOV 2018 - Boma Boma wildsplaas.

FOTO:
SALOV 2018 – Boma Boma wildsplaas.


Drie van Hoërskool Merensky se landbouleerkragte, mnre. Louis Fourie en Jan Potgieter en me. Nadia Last het vanaf Woensdag, 31 Januarie, tot Saterdag, 3 Februarie, die SALOV-landboukonferensie in Klerksdorp bygewoon. Hierdie geleentheid is aangebied deur Hoërskool Westfalia.                                                                                                                                   

Hoogtepunte by die geleentheid was ‘n besoek aan NWU, Senwes, die Ruah Lavender Distillery, die Boma Boma wildsplaas, GreenPack wortelplaas en ‘n aanbieding deur prof. Fika Janse van Rensburg, Die toekoms van landbou-opleiding.

SALOV 2019 word deur Hoërskool Merensky aangebied en sien ons uit om al die landbou-onderwysers van regoor Suid-Afrika by ons te ontvang.