Plasies by Limpopo Skole Swem

Dania Smit in aksie.

FOTO:
Dania Smit in aksie.


Op Saterdag en Sondag, 2 en 3 Februarie, het 9 Plasieswemmers aan die Limpopo Skole Swemkampioenskap in Polokwane deelgeneem.

Hoërskool Merensky is baie trots op Dania Smit (o14) wat ‘n gouemedalje in die 200m individuele wisselslagitem losgeswem het. Sy verdien ook ‘n silwermedalje vir haar 200m rugslag en 2 brons in die 200m vryslag- en 50m rugslagitems.

Daniel Smit (o16) en Kagiso Hoaeane (o15) spog ook met silwermedaljes vir hul 200m rugslag- en borsslag pogings, asook bronsmedaljes in die 50m rugslag- en 200m individuele wisselslag.

Ronan Theron (o16) ontvang bronsmedaljes vir sy 50m vlinder- en borsslagitems, terwyl Amelia Booth (o15) se 50m- en 100m vlinderslag vir haar brons besorg.

Markus Theron en Dirk Schnettler (o14), Don Hunter (o15) en Damien de Wet (o17) het ook die water laat spat.

Die Limpopo skolespan sal eersdaags aangekondig word.