Plasies draf Makhulu kaf

Gilbert Gerhardt, Matthew van der Merwe, Dewald van Graan, Trevor de Beer, Annika Kotze, Sheldon Muller, Shaun de Beer, Aldrich Hugo en Francois Smith.

FOTO:
Gilbert Gerhardt, Matthew van der Merwe, Dewald van Graan, Trevor de Beer, Annika Kotze, Sheldon Muller, Shaun de Beer, Aldrich Hugo en Francois Smith.


Op Saterdag 17 Februarie het 13 van Hoërskool Merensky se bergfietsryers behoorlik die speke laat sing by die jaarlikse Makhulu 5 MTB resies in Polokwane. Die 15km, 35km en 65km deelnemers het by die parkeerterrein van die Mall of the North weggespring en geeindig.

Sheldon Muller het in die Junior Mans 17-18 kategorie, saam met 240 jaers, deelgeneem en stof in almal se oë geskop met ‘n algehele wen in die 35km resies. In dieselfde kategorie het Kyle Janse van Rensburg 7de en Francois Smith 12de geeindig.

In die Jeug Mans afdeling het Bevan Muller (15-16 jaar) naelskraap in die 2de plek geeindig. Shaun de Beer eindig 7de, met sy broer Trevor in die 10de plek. Matthew Taylor, Gunther Katzke en Dewald van Graan neem die volgende 3 plekke in. Aldrich Hugo eindig 15de.

Annika Kotze hou die meisies se naam hoog deur in die Jeug Vroue afdeling, 15-16 jaar, deur ‘n 2de plek los te ry.

Twee Plasie-skiewies, Gilbert Gerhardt en Matthew van der Merwe, toon belofte met ‘n 9de en 15de plek in die Sub Junior 13-14 afdeling.

Oud-Plasie, Alan Gordon, in die 65km wedren ‘n eersteplek behaal uit 67 renjaers.