Plasies draf Tritech kaf

FOTO:
DIE EINSTEINS
Voor: Jaco van Staden, Joné du Toit, Jo-Leigh Pretorius, Lin-Mari Theron, Suandrie Corbett, Crystal Kirstein, Jamie Robertson, Bianca Prinsloo, Katelyn Kurten, Retief Fourie en Hardus van Staden.
Agter: Jenelle de Jonge, Zainab Modan, Juanet Venter, Megan Cloete, Anize Basson, Anya Glazer, Anri McLean, Ciné Venter, Michaela Stanley, Kesia Pohl en Ikne Stucki.
Afwesig: Luann Botha, Jan-Carel van Niekerk, Gerhard Rautenbach, Juan-Jacques Moller, Aailyah Bahm, John-Robert Honiball, Ulrich Koster, Gideon Engelbrecht, Rirhandzu Mathye , Lethabo Malatji, Jason Mellett, Lisa MaGuire, Jade Barnatt en Aldrich Hugo.


Die negende Tzaneen Tritech streeksronde is Vrydag, 28 Julie by Hoërskool Ben Vorster aangebied.

86 Projekte is deur verskeie skole in die omgewing aangebied, waarvan 25 aan Hoërskool Merensky-leerlinge behoort het.

Die 36 Plasies stap weg met 15 goue-, 7 silwer- en 3 brons toekennings.

Die top Merensky-projek is voorgelê deur Lisa MaGuire en Liza-Ri Snyman (graad 10). Hul tuisgemaakte ekovriendelike sjampoe is suksesvol wetenskaplik getoets en het die beoordelaars beïndruk.

Anri McLean (graad 11) het goeie navorsing gedoen oor die beworteling van angeliere. Haar nuut getoetse metode kan boere in die toekoms baie help om hierdie blomplante aan die groei te kry.

Al die Merensky-leerlinge kwalifiseer om aan die Nasionale Tritech Ronde op 15 en 16 September op Plasieland deel te neem.

[supsystic-gallery id=95 position=center]