Plasies draf WIK kaf

Sheldon Muller, Janco Coetzee en Jenelle de Jonge.

FOTO
Sheldon Muller, Janco Coetzee en Jenelle de Jonge.


Hoërskool Merensky se o.19-span het eerste geeïndig in die junior-afdeling by die jaarlikse WIK-byeenkoms wat op 19 Maart te Stanford Lake College aangebied is. Met ‘n tyd van 1:15:54, en ‘n gemiddelde spoed van 16,60 km per uur, het hul letterlik in die nek geblaas van die senior wenspen.

Spanlid, Jenelle de Jonge, het die 500m swem aangedurf, terwyl Sheldon Muller die speke laat sing het vir 15km in die bergfiets-been. Langasem, Janco Coetzee, het die gesorg dat die 5km berghardloop in ‘n japtrap afgehandel is.

Voorwaar ‘n puik prestasie te midde van koue, nat en winderige weersomstandighede.