Plasies gryp erfenispen

Afrikaans-Ekspo 2018

FOTO’S
LINKS
Voor: Nusrath Sheila Bhuiyan, Megan Kirstein, Rochelle Volschenk en Jeandré Weideman.
Agter: Cailin Stones, Luané Marais, Ilanie de Bruyn, Juané Pretorius en Michelle Robertson.
REGS
Shilo van den Bergh, Mariska van Nikkelen Kuyper en Renate Botha.


Twaalf Afrikaanse leerders van Hoërskool Merensky het die geleentheid aangegryp om in te skryf vir die FAK se jaarlikse internasionale Afrikaans-Ekspo.

Die Internasionale Afrikaans-Ekspo is ‘n opwindende skryf- en kreatiewe kunstekompetisie wat fokus op leerders en studente se kreatiewe hantering van Afrikaans. Tesame met die feit dat dit pret is om deel te neem, word leerders ook gehelp met hulle skryfproses deurdat hulle terugvoer kry van die beoordelaars. Die tema was hierdie jaar ERFENIS.

Mariska van Nikkelen Kuyper, graad 10, het koning gekraai as kategoriewenner van Opstel. Megan Kirstein, graad 8, het ook haar merk gemaak deur as kategoriewenner van Beskrywende Opstel weg te stap.