Plasies herdenk ontstaan van skool

Op Woensdag, 2 Maart het Plasieland met groot fanfare hul ontstaan herdenk. Hierdie jaarlikse geleentheid is ‘n hoogtepunt op die kalender, aangesien oud-Plasies – tot groot vermaak van huidige leerders – staaltjies en kosbare herinneringe kom deel.

Hierdie jaar het oud-leerling en –onderwyser, mev. Martie Tremper, ‘n kort, maar kragtige boodskap gelewer. Daarna het een en almal ‘n spesiale multimedia vertoning oor interne wetenswaardighede geniet.

Die Uitvoerende Komitee het tradisioneel Plasie-eenheid en –gees met baniere uitgebeeld en almal het met ‘n knop in die keel Merensky in Union gesing.