Plasies is praatparaat

Jamie Robertson en Suandrie Corbett.

FOTO:
Jamie Robertson en Suandrie Corbett.


Op Donderdag, 10 Mei 2018 het drie debatspanne van Hoërskool Merensky na Mookgophong gereis om by Hoërskool Hans Strijdom deel te neem aan die ATKV-debatkompetisie vir hoërskoolleerders.

Die onderwerp, Suikerbelasting is tot voordeel van die Suid-Afrikaanse gemeenskap, is sinvol beredeneer deur die twee juniorspanne. Span een was Michelle Robertson, Elanie de Bruyn en Carl Dohse. Span twee het bestaan uit Michaela Elbrecht, Luandi Visagie en Erik de Klerk.

Hierdie was ‘n eerste kennismaking met debat vir die juniors en hulle maak reeds skietgoed bymekaar vir 2019 se kompetisie.

Die seniors het ‘n taaitoffie-onderwerp gehad: ‘n Verswakte staat noodsaak die betrokkenheid van die burgerlike samelewing. Hier het die Plasiespan met Jamie Robertson en Suandrie Corbett behoorlik standpunt ingeneem en deurgedring na die semi-finaal op Saterdag, 26 Mei, te Rustenburg.