Plasies kan somme maak

Die eerste rondte van die Suid Afrikaanse Wiskunde Olimpiade is op 9 Maart 2016 deur 5 junior en 11 senior leerders van Hoërskool Merensky geskryf.

Die volgende Plasies dring deur na die 2de rondte wat plaasvind op 11 Mei 2016:
Bianca Prinsloo (graad 8), Stefan Corbett (graad 9), Rose Khosa (graad 9), Xander Botha (graad 10), Nkateko Shikhati (graad 10), Carmi Venter (graad 10), Marlu Mc Lean (graad 11), Belinda Nzadi (graad 11) en Chelsea Schlebusch (graad 11).