Plasies ken van Afrikaans

Vir die eerste maal in baie jare, het leerlinge van Hoërskool Merensky deelgeneem aan die Nasionale Afrikaanse Olimpiade, aangebied deur die ATKV.

Vier Afrikaans huistaal en vyftien Afrikaans eerste addisionele taal leerlinge, almal in Graad 9, het ingeskryf en ‘n drie uur lange vraestel op 8 September 2015 voltooi.

Uitslae is eers vanjaar ontvang, en Stefan Corbett, Bianca Elbrecht en Donné Oosthuizen is onder die top 20 leerlinge in Limpopo.

Twee Plasies presteer uitsonderlik deur op die Nasionale Top 100 te wees. Esmé Kloppers met haar 5de plek verdien werklik ‘n klop op die skouer, terwyl Belinda Luckhoff haar eweneens goed van haar taak gekwyt het. Van die 15 inskrywings in die EAT afdeling, haal 7 leerlinge die Limpopo Top20 lys van presteerders, naamlik Esmé Kloppers, Belinda Luckhoff, Carmen Ferreira, Jordin Young, Cameron Buys, Michelle Fivas en T Shai.

Die briljantjies het reeds ingeskryf vir hierdie jaar se kompetisie.