Plasies korrel fyn

De Marco Meyer

Alwiné Fleischmann en De Marco Meyer, albei graad 8-leerlinge van Hoërskool Merensky het gedurende die afgelope vakansie presteer in verskillende skiet-dissiplines.

Alwiné het deelgeneem aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Kegelskietkampioenskap. Sy behaal twee derde plekke in die junior ouderdomsgroep.

De Marco Meyer het op sy beurt deelgeneem aan die nasionale skietkompetisie in Welkom in die Vrystaat. Alhoewel De Marco hierdie jaar o.14 is, moes hy o.18 deelneem, aangesien daar nie o.14- tot o.17-afdelings is nie.

Hy was verlede jaar, as o.13-skut, die kampioen. Hierdie jaar het hy in drie afdelings deelgeneem: .22 randslag, PCP luggeweer en “benchrest”. Hy het die PCP luggeweer-afdeling gewen en word algeheel tweede geplaas op die o.18 nasionale ranglys.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *