Plasies kwalifiseer by gala

Ronan Theron, Kayla Olivier en Daniel Smit.

FOTO:
Ronan Theron, Kayla Olivier en Daniel Smit.


Ten spyte van ysige weer het 3 swemmers van Hoërskool Merensky op Saterdag, 14 Oktober, deelgeneem aan die 4de ouderdomsgroep swemgala by die Tzaneen munisipale swembad.

Daniel Smit swem reeds op nasionale vlak en het tydens hierdie gala aan die 200m rugslag en -vryslag en 1 500m vryslag items deelgeneem. Hy het sy persoonlike tyd in die 200m rugslag verbeter.

Kayla Olivier het met haar 50m bors- en rugslagitems gekwalifiseer vir Vlak 2.

Ronan Theron het met sy 50m vlinderslag gekwalifiseer vir Vlak 2. Hy het ook die 50m borsslag trotseer.

Swemmers kry tydens hierdie galas geleentheid om kwalifiserende tye te swem en daarmee deel te neem aan die Suid-Afrikaanse Vlakke Kampioenskappe en Nasionale Jeugkampioenskappe vroeg in 2018.