Plasies laat die water spat

SENIOR VICTRIX LUDORUM: Ariel Oosthuizen.

FOTO:
SENIOR VICTRIX LUDORUM – Ariel Oosthuizen.


By Hoërskool Merensky het die jaarlikse koshuis-teen-dorp interhuis swemgala op 11 September plaasgevind. Onder luide aanmoediging het die koshuisspan geseëvier met die beste deelname en het hulle ook die beste tye opgestel.

Daniel Smit (graad 8) is aangewys as Junior Victor Ludorum, terwyl Jomari de Beer (graad 8) bekroon is as Junior Victrix Ludorum. By die seniors het Victor Ludorum, Marc Wigginton (graad 11) en Victrix Ludorum, Ariel Oosthuizen (graad 10) hul lywe pure dolfyn gehou.

Op 19 September gaan die Plasie-swemmers aan die interhoër gala deelneem wat by Stanford Lake College aangebied word.